KORT BEGRIP VAN DIE WęRELDRAAD VAN KERKE

Ontstaan

Ons gee hier 'n kort oorsig

  I II III
  Sending Lewe en Werkbeweging Geloof en Kerkordebeweging
1854 Sendingskonf. New York Bespreking 'praktiese christendom' Bespreking verskille in belydenis en Kerkorde
1910 Eerste węreld sendingskonferensie te Edinburgh
1921 Stigting Int. Sendingsraad (IMC)
1925   Konf. te Stockholm Konf. te Lausanne
1937   Oxford Edinburgh
1938   Samegaan van die hierdie twee. Dit loop uit in
1948   oprigting Węreldraad van Kerke te Amsterdam
1961 Die Węreldraad neem die Sendingsraad in hom op.

Hoe is die prentjie vandag?

I Ten aansien van die sending is 'n moratorium afgekondig (Bangkok, 1973). Dit wil sę: Trek Blanke sendingsarbeiders terug. Steun ons met geld en gawes. Ons doen self die werk, sę die gekleurde kerke. Exit sending!

III Deur carthiaanse en modernistiese invloede is die leer onbelangrik. Die kerk is mos pluraal soos die Bybel ook maar 'n deurmekaarspul van teologieë is. Van gemeenskap in Christus het die Węreldraad vandag verder 'n węreldlike gemeenskap geword. Dialoog met ander religies. Erkenning van die 'lig' van ander godsdienste. Exit Geloof en Kerkorde!

Bly oor:

II Lewe en werk

Jaar en dag is die evangelie soos 'n Sosiale evangelie beskou. Vandag is alle aandag via I en I I I op die steun van rewolusionęre bewegings gerig. Nie net op steun aan terroriste nie, maar ook op instelling van Marxistiese onderwysmetodes (Paulo Freire).

So is die Węrelddraad instrument van rewolusie op węreldwye vlak.

Dit kon ons verwag. Binne die Węreldraad het van die begin af die moderniste die leiding gehad. Lewe en werk is nou mantelorganisasie van die kommunisme wat tekens en wonders doen.

So is die stand van sake. Daar kan gevrees word dat informasie oor dinge nie opgeneem is in die onderwysprogram van die skole en universiteite nie. Inteendeel: ons onderwys is deurdring van mense wat of onverskillig hierteenoor staan of selfs met die Węreldraad simpatiseer.

Dit is daarom goed dat ons self bewus is van die verdwyning van I en III en die gebruik van II in rewolusionęre sin. Die Węreldraad het 'n Węreldse BLOEDRAAD geword.

VdW