VRA IS VRY
Antwoord
Nêrens gebruik, so sê prof. Greijdanus, Paulus 'heiliges' om daarmee engele aan te dui nie. Altyd is 'heiliges' = gelowiges (bv. Fil. 4: 22). In Judas: 14 is egter ook sprake van die koms van die Here met Sy tienduisende (= leërs) heilige (engele). Daarom is daar wel veel te sê daarvoor 'om dit hier gesien die verband met Sag. 14: 5 op engele te laat slaan. Ons kan ook verwys na Dan. 4: 13 waar 'n engel 'n heilige genoem word. Mark. 8: 38 - die heilige engele (Luk. 9: 26). So ook Openb. 14: 10.
Wil ons 'met al Sy heiliges' op die gelowiges laat slaan, dan moet ons soos Greijdanus dit saamvoeg met 'onberispelik'. Die sin word dan so:
om julle harte te versterk
tot onberispelikheid in heiligheid
voor onse God en Vader by die koms van onse Here Jesus,
met al die heiliges.
Elkeen voel wel dat dit dan moeilik lees, want elkeen betrek vanself 'koms' by : 'met al die heiliges' omdat dit 'n gebruiklike term was.
By 2 Thess. 1: 10 kry mens dieselfde probleem. Daar is sprake van 'n verheerlik word in Sy heiliges. Is dit daar kerklede of engele? Ons vind hier 'n sitaat uit Ps.89: 8 volgens die Septuaginta-teks. Dáár beteken dit absoluut: engele. Ek meen dat die N.T. steeds die O.T. in sy eie mening siteer. Ons kom dus - in teenstelling tot Greijdanus - tot twee keer dat 'heiliges' by Paulus = engele. Dis nie onbegryplik nie. Juis in 1 en 2 Thess. spreek Paulus in 'n 'eskatologiese' verband. Daarom is hier die spreekwyse verstaanbaar. In Dan. kan 'heilige' engel wees, maar Dan. 7 noem die gelowiges 'heiliges van die Allerhoogste'. So spreek Paulus ook van engele = heiliges + gelowiges = heiliges. Opmerklik is, dat hierdie laaste spreekwyse (as ons uitleg reg is) nie in 1 en 2 Thess. voorkom nie.
Antwoord
Ja, in Dan. 11: 34 word die Makkabeërs 'n klein hulp genoem. Ons moet in gedagte hou dat die huis van die Makkabeërs begin het in die Gees, maar geëindig het in die vlees. Uit die Makkabese beweging het die selotiese beweging omstreeks die begin van ons jaartelling voortgekom en daarna die opstand teen Rome. Onthou egter: die ywer by Mattatias was 'n ware ywer, later het dit 'n verkeerde ywer geword. Die Huis van die Makkabeërs is verpolitiek en verwêreldlik. Tussen die latere Makkabeërs en vryheidshelde en die oorspronklike Makkabeërs is eweveel verskil as tussen die huidige VU en die VU in 1880.
Natuurlik kan ons soms geroepe wees om met die swaard te stry (Tagtigjarige Oorlog!). Maar dan sal dit in 'n ander situasie wees as wanneer rewolusie in die prentjie is, soos tans. En daarom het dit my gegaan: die huidige terroristiese neomarxistiese selotisme wat ten verderwe lei.
Antwoord
Christus het as mens na die hemelvaart op die troon van God gaan sit. Daarmee kry Ps. 110 vervulling. Dit sou nie eerder plaasvind as nadat Hy gebore en gekruisig was nie. Die Apostolikum bevat die heilsgeskiedenis romdom Christus. As mens (Lam) het Hy Sy intronisasie gekry (Fil. 2: 5-12; Openb. 5: uit die stam van Juda! 'In Sy uiterlik soos 'n mens). Die probleem: Het Hy ook vroeër op die troon gesit, is eintlik nie daar nie.
Christus was wel voor Sy koms op aarde God en dit bly Hy. Hy het Sy funksies as God. Dit kom ons egter nie toe om alles bloot te lê nie. Ons kan net sover gaan as wat aan ons geopenbaar is.
Antwoord
Daar was twee soorte meulens.

In Openb. 18: 22 is van a en
in Openb. 18: 21 is van b sprake.
VdW